Friday, September 21, 2007

Jerusalem Pics1

Links: 'n aanduiding van Pool of Shiloah. Ons kon ongelukkig nie die bad self sien nie aangesien dit gesluit was maar dit was nogtans 'n eraring om so naby aan so n besonderse plek te wees.

Regs: 'n Skildery van 'n soldaat by die gebedsmuur. Dit is baie insiggewend om die talle jong seuns en dogters in uniform met die groot gewere te sien, seker niks ouer as 18 of 19 nie. Laat ons saam met die soldaat bid vir die vrede van Jerusalem, nou meer as ooit.


Wednesday, September 19, 2007

Day Thirty-Four

Ons het vandag, Wed 19 Sep , in Jerusalem (Israel) aangekom. Ons was lank by die grens opgehou. Hulle het ons behoorlik geondervra oor ons in Sudan was. Ek het geweet die twee lande het nie ooghare vir mekaar nie maar ek het nie geweet dit is so erg nie. Hulle het ons 4 apart ondervra om te kyk of ons storie klop. Na so 4 ure se gewag het hulle uiteindelik die groen lig van iewers gekry om ons tot die land toe te laat. Dinge lyk glad nie lekker tussen die twee partye hier in Jerusalem nie. Met ons aankoms hier het ons vas geloop in 'n optog.

Saturday, September 15, 2007

Friday, September 14, 2007

Day Twenty-Nine

Ons het vandag, Vrydag 14 Sept, so teen 12:00 in Kairo (Egipte) aangekom. Glo my ons het die genade van die Here die afgelope tyd intens ervaar. Soos Frankquit gese het die afgelope tyd vanaf Khartoem tot hier weet hy nie vir wie hy die meeste gebid het: vir die kontinent of vir ons persoonlike veiligheid nie.

Thursday, September 13, 2007

Day Twenty-Eight


Ons het Donderdag 13 Sept, die ferrie geneem vanaf Wadi Halva (Sudan) na Aswan (Egipte). Soos altyd het die Here 'n klomp baie interesante mense op ons pad langs gekom.

Met ons aankoms by Aswan sien ons daar 'n JHB (GP) voertuig wat duidelik 'n hele tyd reeds gekamp is. 'n Ou wonder wat gebeur het met my mede Suid Afrikaan? Kan iemand help?


Vanaf Aswan het ons 'n trein geneem na Kairo (Egipte) en ons hoop om binne kort van die ander span te hoor of selfs te sien.

Wednesday, September 12, 2007

Day Twenty-Seven

Ons het Woensdag 12 Sept in Wadi Halva aangekom.

Moos behoorlik beskerm teen die sandstorms in die woestyn en besonders moeg. Die foto is geneem op die trein vanaf Khartoem (Sudan) na Wadi Halva. 'n Rit deur die Saharrah woestyn vir 24 uur. En was daar sand en sand...ons het gedink ons gaan spoggerig wees en het eerste klas bespreek en betaal. Maar ons kon ons nie naastenby voorberei vir hierdie unieke ervaring. Dit was lekkerrr, 'n ander tipe lekker.

Monday, September 10, 2007

Day Twenty-Five

Ons het toe Maandag oggend, 10 Sept, per trein vertrek vanaf Khartoem na Wadi Halva (Die noordlikste dorp in Sudan, naby die Egiptise grens). Die rit het deur die Saharra woestyn gegaan en glo my dit was in alle opsigte 'n woestyn ervaring.

Wednesday, September 05, 2007

Khartoem

Geneem in Khartoem (Sudan): Nolan saam met twee huiskinders waar ons tuis gegaan het by Tony en Regina.

Ons bid ook dat die konflik in Sudan tot 'n einde sal kom en dat die vrede wat alle verstand te bowe gaan ook die inwoners van hierdie pragtige land se lot sal wees.


Sunday, September 02, 2007

Ethiopian Border

By Ethiopiese grens.

'n Stap vanaf Matema (Ethiopie) na Gillabat (Sudan) in 'n modder poel.

Die foto gee nie naastenby die modderigheid deur nie.

Friday, August 31, 2007

Day Fifteen


I got a message that they have reached Adis Abeba (Ethiopia), where they visited the South African consulate. They were very warmly received and even given the opportunity to phone home, much to their families delight.

Their next stop is Khartoem in Sudan.

Wednesday, August 29, 2007

Kenya

Gedruende ons reis het ons verskillende dorpe en villages duergetrek en vir die plekke gebid soos die Here gelei het.

Die foto is geneem in Kenia buite een van die villages waar Frankquit vir die twee seuns bid en 'n seen oor hulle uitspreek.

Soos julle kan sien is in die agtergrond is dit natuurskoon en regtig asemrowend maar op sig waarde uiters onderbenut. Ons het ook in die gees verklarings gemaak oor die plek van geestelike sowel as ekonomiese vooruitgang.

Tuesday, August 28, 2007

Day Twelve

Ons beplan om twee dae in Kenia te wees, waarna ons na Addis Abbeba (Ethiopia) sal vertrek soos die Here wil. Ons probeer julle ouens op hoogte hou en ons waardeer regtig jul gebed en boodskappe.

Die ouens se families skakel so eenkeer per week en dit is goue tyd. Die manne sien baie uit na enige boodskappe en enige vorm van kontak word regtig waardeer.

Die Here het letterlik in elke land iemand op ons weg gestuur om te ontmoet en met wie ons saam kon bid vanaf immigrasie officials tot gewone ouens met behoeftes. Ons bid deurlopend en seen die verskillende dorpe, stede en lande. Die Here voorsien regtig ver bo ons verwagting.

Monday, August 27, 2007

Day Eleven

Ons het vanmiddag in Nairobi (Kenia) aangekom vanaf Arusha (Tanzania).

Ons het gery op soek na 'n youth hostel. Toe ons die plek sien waarvan Robin (die ou wat London toe gery het) ons vertel het. Ons doen toe sommer hier aan en weet jy ons vind toe hier n groep van 26 Suid Afrikaners wat wereld wyd toer met christelike dienswerk. Hulle het ons letterlik toe gehardloop toe hulle die bakkie se registrasie sien. Hulle het SA Januarie verlaat en was al oral in die wereld. Dit was vir hulle spesiaal om weer Afrikaans te kon hoor. Hulle sal rondom middel Oktober terug wees.

Ons het toe sommer tent opgeslaan en bly nou vanaand en more aand vir 250 Keniaanse shillings per persoon per nag. Moenie skrik nie 64 Keniaanse shillings=1US dollar dws ons betaal so R30 per nag per persoon. Die geldeenhede is 'n uitdaging om by te bly met.die petrol is 'n bietjie duurder as in SA. Ek skat dit wissel so tussen 20 en 30% meer.

Die bakkie gedra hom besonders goed deur die genade van die Here en ons is vir die Here oneindig dankbaar dat ons nog geen teenstand met die vervoer of by enige grenspos ervaar het nie.

Sunday, August 26, 2007

Day Ten

Ons het gisteraand, 26 Aug, by Arther 'n vriend van 'n vriend in Dar es Salaam geslaap. Die Here het wonderlik voorsien. Ek en Moos het in Dar es Salaam by Goldstone en sy aanstaande Veronica gebly en hulle het regtig uit hul pad gegaan om ons tyd so aangenaam moontlik te maak. Hulle is vriende van Franquit se vriendin Farajah. Franquit en Daniel het by Filepina gebly.

Saturday, August 25, 2007

Day Nine

Ons is vol vertroue dat hierdie gebedstog 'n besonderse tyd inly in Afrika. Die Here het ons Saterdag oggend vroeg Eccl 11:4-6 gegee."hy wat op die wind let, saai nie en hy wat op die wolke let, hy oes nie" en ons is oortuig al blyk dit met die fisiese oog nie so nie, dat iets besonders in Afrika aan die gebeur is. Ons is vandag na 'n eiland naby Dar met die naam: Kigabomie. Dit was vir jou 'n belewenis. Ons is per ferrie oor met die bakkie en ons het daar geswem.

Friday, August 24, 2007

Day Eight

Ons het Vrydag, 24 Aug, in Dar es Salaam (Tanzania) aangekom, maar glo my die verkeer in Dar is iets om te beleef. Ek kan nie begin om te beskryf die chaos (georganiseerde) van die busbestuurders????? Ragel ek is beindruk met Botswana, Zim, Zambia, Malawi, maar laat ek jou se jy moet, moet Tanzania sien. Dit is een groot garden route, net soveel mooier. Toe ons by die grenspos deur is, het 'n plantasie banana bome sover die oog kan sien ons ontmoet vir kilometers en kilos. Dit is iets om te aanskou!!! Alles groei daar. Ek het bananas in alle formate geeet. Selfs gekook. Die Tanzainers is hardwerkende mense en besonders goed gekwalifiseer. Ek is excited vir waarheen ons kontinent gaan.

Thursday, August 23, 2007

Tanzania

Ons was tuis by 'n familie: Philipina, Golden, Veronica en Justine. Hulle is vriende van Farrajah 'n vriendin van Frankquit. Hulle het ons getrakteer op egte Tanzanian gasvryheid en het regtig uit hul pad gegaan om ons verblyf daar so aangenaam as moontlik te maak. Geen wonder toe ons daarvandaan vertrek het dit gevoel asof ons van die huis vertrek nie.

Die fotos is geneem tydens een van die vele fellowship sessies wat ons aan huis by hulle gehad het. Dit was net lekker om die teen- woordigheid van die Here ook in hierdie besonderse plek te ervaar.

Wednesday, August 22, 2007

Day Six


Ons het vandag, 22 Aug, in Tanzania aangekom vanuit Malawi. Ons het gisteraand in Llilongwe geslaap en vanoggend vroeg in die pad geval. Alles gaan baie goed saam met ons behalwe dat ons julle baie mis. Malawi en Tanzania is onbeskryflik mooi, veral Tanzania.

Tuesday, August 21, 2007

Day Five

Daar is ook die dinge wat 'n ou erg bekommerd maak. Veral in Zambia sien 'n mens te veel fietse wat die nou bekende witsakke (food aid van die UN) agter op het en dit maak my hartseer dat ons mense in hierdie tydgleuf so afhanklik moet wees en ek kan my net indink wat dit aan daardie ouens se trots moet doen. Oral in dorpe en villages sien jy net fietse. Die world bicycle program in rural areas was duidelik baie effektief. (Photo courtesy of Bill Cade 2005)

Monday, August 20, 2007

Day Four


Ons het gisteraand, 19 Aug, in Livingstone (Zambia) aangekom. Die mission is tot dusver baie, baie interesant.

Ons reis vandag na Blantyre (Malawi) via Lusaka en beplan om daar te oornag. Vandaar hoop ons om Tanzania die volgende dag te bereik.

Sunday, August 19, 2007

Day Three

Nolan vertel: "Sondag, 19 Aug, het ons gerys na Victoria waterfalls via woud waar ons 'n trop olifante teegekom het. Dit was amazing.

Sondag aand het ons die Zambiese grens oorgesteek en oornag in 'n backpackers. Dit is die eeste keer sedert ons die Kaap verlaat het dat ons in 'n lekker warm bed uitgestrek, uitgestrek kon oornag en die warm stort was 'n verfrissende ervaring.

Ons almal is blakend gesond deur genade en ons hoop julle ook."

Saturday, August 18, 2007

Day Two


Well after a long but exciting nights drive we reached Johannesburg and then struck out NW towards Gabarone (Botswana).

Nolan: "Ons het Saterdag middag, 18 Aug, via Skilpadshek (Botwana) binnegegaan, Gaberone aangedoen en die aand gery na Francistown en daar oornag onder die grote ope hemel. Was dit 'n belewenis."

Friday, August 17, 2007

Day One


Today we started on our journey from the bottom to the top of Africa. We start our journey from Cape Town (South Africa) heading NE towards Zimbabwe.

Finally after weeks of preparation and planning, the last of our visas arrived on Wednesday and so we can begin our adventure. Yesterday we drove from George, excited to be on our way at last, to Cape Town from where we have officially started our trip.

Before we left today we had to still organise our clearance certifcate for the car. It took longer than expected so we only left late in the afternoon, planning to drive through the night to make up for lost time. We are four drivers so we'll be taking turns during the night and so we leave the Cape Province driving into the sunset (Not really, since we're driving east - but it sounds good :-)