Ons het vanmiddag in Nairobi (Kenia) aangekom vanaf Arusha (Tanzania). Ons het gery op soek na 'n youth hostel. Toe ons die plek sien waarvan Robin (die ou wat London toe gery het) ons vertel het. Ons doen toe sommer hier aan en weet jy ons vind toe hier n groep van 26 Suid Afrikaners wat wereld wyd toer met christelike dienswerk. Hulle het ons letterlik toe gehardloop toe hulle die bakkie se registrasie sien. Hulle het SA Januarie verlaat en was al oral in die wereld. Dit was vir hulle spesiaal om weer Afrikaans te kon hoor. Hulle sal rondom middel Oktober terug wees.
Ons het toe sommer tent opgeslaan en bly nou vanaand en more aand vir 250 Keniaanse shillings per persoon per nag. Moenie skrik nie 64 Keniaanse shillings=1US dollar dws ons betaal so R30 per nag per persoon. Die geldeenhede is 'n uitdaging om by te bly met.die petrol is 'n bietjie duurder as in SA. Ek skat dit wissel so tussen 20 en 30% meer.
Die bakkie gedra hom besonders goed deur die genade van die Here en ons is vir die Here oneindig dankbaar dat ons nog geen teenstand met die vervoer of by enige grenspos ervaar het nie.
No comments:
Post a Comment